Inbrake neem toe, Nampol rig waarskuwingAugust 14, 2023

Die naweek misdaadverslag het meer as vyf sake van huisbraak en diefstal in Windhoek aangemeld. Met die ekonomie wat druk, word daar verwag dat gevalle sal toeneem en dat die tipe gevalle ook meer gewelddadig sal raak. Silas Shipandeni, adjudant-offisier van Nampol, sê inwoners moet waaksaam wees en nooit geleenthede vir misdadigers moet skep nie.