Inbrake by 2,6 miljoen SA huishoudings in 5 jaar
Statistieke Suid-Afrika het onthul 2,6-miljoen huishoudings het die afgelope vyf jaar ‘n huisinbraak beleef, wat ‘n styging van 12-persent is van 2,3-miljoen. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke, het in sy 2023/2024 Slagoffers van Misdaad-verslag aangedui dat 459-duisend huishoudings huisrooftogte ervaar het, wat ‘n effense afname van een-persent is. Hy voeg by dat 257-duisend huishoudings aanrandings tydens dieselfde tydperk ondervind het.