In 2026 sal 95% van krag dalk afkomstig van hernubare bronne wees

‘n Nuwe verslag deur die Internasionale Energie-agentskap wys 95 persent van groei in die wêreld se kragopwekkingskapasiteit sal teen 2026 waarskynlik van hernubare bronne afkomstig wees. Die verslag waarsku egter ook dat henubare groei moet verdubbel om die Parys-ooreenkoms se doelwit van ‘n koolstofneutrale wêreld teen 2050 te bereik. China sal na verwagting in die komende jare die hoofrolspeler in hernubare-kapasiteitsgroei wees. Die agentskap se uitvoerende hoof, Fatih Birol, sê vanjaar se rekord- 290 gigawatt bykomende hernubare elektrisiteit wys ‘n nuwe wêreld-energie-ekonomie kon na vore.