Imran Khan kry nog 14 jaar in die tronk

Imran Khan en sy vrou, Bushra Bibi, is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis, die tweede vonnis wat die voormalige eerste minister van Pakistan in twee dae opgelê is. Die paar is daaraan skuldig bevind dat hulle onwettig voordeel getrek het uit staatsgeskenke – slegs ‘n week voor ‘n algemene verkiesing waaraan hy nie mag deelneem nie. Khan is in 2022 deur sy teenstanders as eerste minister uitgeskop en dien reeds ‘n vonnis van drie jaar uit vir korrupsie. Die voormalige nasionale krieketkaptein sê die sake teen hom is polities gemotiveer.