Implementeringsplan oor diaspora moet ontwikkel word
In erkenning van die rol wat die diaspora kan speel in die ontwikkeling van Namibië, het die kabinet besluit dat die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking die proses moet begin om ‘n beleid oor die regering se betrokkenheid by die Namibiese diaspora te ontwikkel. Die ministerie, in samewerking met die Internasionale Organisasie vir Migrasie, bied die eerste tegniese werkswinkel aan oor die ontwikkeling van die implementeringsplan van die konsep Nasionale Beleid oor die Namibiese diaspora, vanaf môre tot Vrydag op Swakopmund. Die hoofdoelwit is dat die konsep-nasionale beleid oor die diaspora hersien word deur belanghebbendes in Namibië, die hoofde van Namibiese missies in die buiteland en Namibiese diaspora om gesamentlik ‘n implementeringsplan vir die beleid te vestig. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.