Implementering van plaaslike inhoud-beleid deurslaggewend

Kenners sê ‘n sterk plaaslike inhoud-beleid kan help om buitelandse beleggings te lok terwyl dit verseker dat Namibiërs ‘n regverdige deel van die land se hulpbronne kry. Dit is bespreek by die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid se Namibiese Besigheidsimposium oor die bevordering van bedryfsamewerking, wat vroeër die maand op Walvisbaai gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jason Kasuto, besturende vennoot van Monasa Advisory and Associates, wat sê ‘n geteikende implementeringstrategie is van kardinale belang om die beleid se doelwitte te operasionaliseer.