Implementeer dringend die wet wat fluitjieblasers beskerm!
Die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing doen ‘n beroep op die Namibiese regering om dringend die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers te implementeer en in werking te stel. Dit wet is reeds in 2017 aanvaar. Die instituut sê vandag word Afrika-teenkorrupsiedag herdenk en die tema is ‘n doeltreffende meganisme of fluitjieblasers te beskerm. Hy voeg by die vertraging in implementering is bewys dat daar geen politieke wil is om korrupsie te beveg nie. Intussen sê ses uit 10 Namibiërs dat hulle vergelding ervaar as hulle korrupsie aanmeld.