IMF voorspel 0,1 groei vir SA, geldeenheid word geraak, plaaslik ook

Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel Suid-Afrika se ekonomie gaan vanjaar skaars groei terwyl beurtkrag en swak kommoditeitspryse voortgaan om ‘n tol te eis. Die fonds het sy wêreld-ekonomiese vooruitsig bekend gemaak en voorspel Suid-Afrika se BBP se ware groei sal verlangsaam tot slegs 0,1 persent wat heelwat minder is as die 3,6 persent wat oor die algemeen vir Afrika suid van die Sahara voorspel word. Met die noue verbintenis tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse ekonomieë, het Kosmos 94.1 Nuus met die plaaslike ekonoom Cons Karamata gepraat oor die moontlike impak op die Namibiese ekonomie.