IMF sê Zambiese skuld moet aangespreek word

Die Internasionale Monetêre Fonds vra vir ‘n dringende oplossing van die skuldkrisis in Zambië. Ondanks die feit dat dit ‘n brandpunt in die land geword het, word dit nie aangespreek nie weens meningsverskille binne die G20, veral tussen die Verenigde State en China. Zambië se buitelandse skuld staan op 339 miljard Namibiese dollar en China is die enkele grootste krediteur in die land met 109 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word. Onder President Edgar Lungu het Zambië in 2020 die eerste land geword wat nie betalings aan krediteure tydens die Covid-19-pandemie gemaak het nie. Die grootste hakplek is dat meeste van die geld wat aan China geskuld word in privaat- en staatsbesit is en Zambië kan eenvoudig nie bekostig om dit betaal nie.