IMF: SA kragkrisis dra by tot swak ekonomie

Suid-Afrika se energiekrisis is in die kollig as een van die grootste faktore wat tot die swak ekonomie bydra. Dit was een van die gevolgtrekkings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank se Lente-vergadering. Die IMF het sy groei-vooruitsigte vir Suid-Afrika afwaarts hersien tot ‘n negatiewe 1,1 persent. Die direkteur van die IMF se Afrika-departement, Abebe Selassie, sê die energiekrisis is ‘n groot struikelblok vir ekonomiese groei en werkskepping. Selassie sê Suid-Afrika se ekonomie sal na verwagting met 0,1 persent groei.