IMF keur US$360m uitbetaling aan Ghana goed

Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het die tweede hersiening van Ghana se leningsprogram van 3 miljard Amerikaanse dollar goedgekeur, wat die onmiddellike uitbetaling van sowat 360 miljoen dollar moontlik maak. Die besluit kom nadat die olie-, goud- en kakaoprodusent ‘n ooreenkoms met sy amptelike krediteurekomitee gefinaliseer het, ‘n stap wat ‘n voorvereiste was om die tweede deel te ontsluit. Die nuwe gedeelte sal totale IMF-uitbetalings nder die drie-jaar reddingsprogram wat ontwerp is om Ghana uit sy ergste ekonomiese krisis in ‘n generasie te help tot 1,56 miljard Amerikaanse dollar neem.