IMF hou SA se groei vanjaar op 0,9%
Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivooruitsig vir Suid-Afrika vanjaar onveranderd op 0,9-persent gelaat terwyl die wêreldwye groeivooruitsig ook onveranderd bly op 3,2-persent. Die IMF sê die vooruitsig bly gebalanseerd, maar sommige risiko’s in die nabye toekoms staan uit. Dit sluit in prysdruk weens hernude handels- of geopolitieke spanning. Die fonds waarsku teen politieke onbestendigheid in ekonomiese beleid as gevolg van talle verkiesings wat vanjaar plaasvind en sê dit kan ʼn negatiewe uitwerking op die res van die wêreld hê.