IMF het raad vir GNU

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se ekonomie het veerkragtigheid getoon tydens massiewe ontwrigting, maar volgehoue strukturele uitdagings kan lewenstandaarde verder laat daal. Die fonds se uitvoerende raad het ʼn na-finansieringsbepaling van die land gedoen. Die IMF sê die nuwe regering moet die geleentheid van ʼn nuwe mandaat gebruik om dapper hervormings in te stel, voortslepende uitdagings te takel en die land se volle ekonomiese potensiaal te bereik. Hy sê strukturele hervormings is noodsaaklik om werkskepping, groei en vooruitgang te ondersteun.