Imalwa maak reuse-fout met Maren de Klerk uitlewering

Daar word berig dat Maren de Klerk, ‘n Fishrot-verdagte, se uitleweringsaansoek in die buurland deur Namibiese owerhede teruggetrek is en hy is vrygelaat. Volgens The Namibian, blameer die aanklaer-generaal Suid-Afrikaanse owerhede en sê hulle het nie die korrekte prosedures gevolg nie. Dit was ‘n tegniese punt. Die jongste hofbeslissing in die buurland, in die geval die hooggeregshof van appèl, kan die vervolgingsgesag nie so aansoek doen nie. Dit moes van die minister Yvonne Dausab gekom het. Imalwa sê hulle sal weer probeer.