Imalwa laat vaar 67 ACC-sake in 2023

Plaaslike berigte lui dat die aanklaer-generaal verlede jaar 67 van die Teenkorrupsie-kommissie se 142 sake van die hand gewys het. Die redes hiervoor is meeste as gevolg van vae of onvoldoende inligting. Die syfers is vervat in die kommissie se 2023-verslag. Martha Imalwa se kantoor het 66 sake suksesvol vervolg. Die verslag dui aan dat die kommissie 86 van die 327 agterstallige sake afgehandel het.