IKR sê Nuweland se kolfblad is onbevredigend

Die Internasionale Krieketraad beskryf die kolfblad vir die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland in Kaapstad as “onbevredigend”. Die kragmeting het minder as twee dae geduur. Die wedstrydskeidsregter, Chris Broad, het sy verslag ingedien nadat hy met die kapteins, Dean Elgar en Rohit Sharma, oorleg gepleeg het en albei van mening was die kolfblad was nie op standaard nie. Die stadion is een strafpunt toegeken. Strafpunte bly aktief vir ʼn aaneenlopende tydperk van vyf jaar en indien ʼn veld ses strafpunte kry, sal dit geskors word en mag vir 12 maande geen internasionale krieket aanbied nie.