IKR gee Amerika, Chili se krieketrade 12 maande

Die beheerliggame van Amerika en Chili het 12-maande om hulle nie-voldoening aan die Internasionale Krieketraad se lidmaatskapsreëls reg te stel. Die wêreldliggaam het hulle gewaarsku omdat hulle nie pasgemaakte, gedetailleerde bestuurs- en administratiewe strukture en -stelsels het nie. Die IKR sê hy behou hom die reg voor om ‘n lid te skors of uit te skop vir volgehoue nie-voldoening. Die besluit is geneem op die jaarkonferensie in Colombië, waar die IKR besin het hoe hy kan munt slaan wanneer T20-krieket in 2028 na die Olimpiese Spele terugkeer.