Iivula-Ithana voeg haar stem by tot die rooilyn-debat

Die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië bly ‘n omstrede kwessie. Landboukenners reken dat daar eerder gewerk moet word om beesvleis noord van die rooilyn te prosesseer as om te werk aan die lyn se verwydering. Kosmos 94.1 het met oudminister Pendukeni Iivula-Ithana gesels oor haar opinie oor die rooilyn.

Volgens Iivula-Ithana is dit ‘n skreiende skande dat sedert onafhanklikheid die regering nogsteeds diskrimineer teenoor plaasboere noord van die rooilyn.