Iga is koersvas in Frankryk

Die top-gekeurde Iga Swiatek sit vandag die verdediging van haar Franse Ope-titel voort. Die 22-jarige Poolse speler het die sesde gekeurde Amerikaner Coco Gauff in skoon stelle uitgeskakel om die voorlaaste ronde te haal. Sy speel teen die 14de gekeurde Beatriz Haddad Maia, wat die eerste Brasiliaanse vrou geword het om ‘n Grand Slam-halfeindronde in die Ope-era te bereik. Swiatek sê sy is bly om koersvas te vertoon in Parys: