IFP ruk op 3 Februarie op oor beurtkrag

Die Inkatha Vryheidsparty het sy planne aangekondig om op 3 Februarie in Durban, KwaZulu-Natal op te ruk teen beurtkrag. Die party wil hê die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om ‘n tariefverhoging van 18,65 persent aan Eskom toe te staan, moet omgekeer word. Die party se woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê hulle sal ‘n aanlyn versoekskrif van stapel stuur om burgers die reg te bied om hul mening oor die prysverhoging te gee. Hy sê die IVP sal saam met ander politieke partye by ‘n hofgeding aansluit teen Eskom en die regering oor die kragkrisis.