Ietermagô’s vrek van die honger

Die Namibiese Omgewingskamer het vroeër gesê ‘n oorsig van die weiveldstatus is ontnugterend. Die land se weiveld is amper oral in ‘n ernstig slegte toestand, selfs erger as in die droogte van 2018 en 2019. Volgens huidige klimaatvoorspellings gaan droogtes soos hierdie meer gereeld voorkom. Dit beïnvloed ook die land se dierelewe uiters negatief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation Kelsey Prediger, wat op die verslag reageer en sê dat meer as 16 van die ietermagô’s wat hulle monitor van honger dood is.