Ietermagô-stropery neem toe in Suider-Afrika

Die meeste gevalle van Ietermagô-stropery is verlede jaar in die twee Kavango-distrikte aangemeld, met nege gedokumenteerde gevalle. Ses voorvalle is in Kavango-Wes aangemeld en drie in Kavango-Oos. Verder is drie gevalle in elk van die Ohangwena-, Oshana- en Zambezi-streke aangeteken, en vier gevalle is in die Sentrale streke as geheel aangemeld. In die Kunene-streek is daar  een geval aangemeld. Kelsey Prediger van die Pangolien-bewaring-en-navorsing stigting, het die kommerwekkende toename in stropery van die bedreigde spesie in Suider-Afrika met Kosmos 94.1 Nuus bespreek.