Ierse polisie arresteer 34 na onluste

Die Ierse polisie sê hulle het 34 arrestasies gemaak na onluste oornag in Dublin en dat nog betogings kan volg nadat die messteek van vyf mense, insluitend drie jong kinders, geweld veroorsaak het wat selde voorheen in die hoofstad gesien is. Die polisie het geplunderde winkels bewaak en brandbestryders het smeulende voertuie in die hartjie van Dublin se middestad afgekoel ná ure se onluste, wat polisiekommissaris Drew Harris gesê het hy verwag tot baie meer arrestasies sal lei. ‘n Vyf-jarige meisie is steeds in ‘n kritieke toestand ná noodbehandeling weens ernstige beserings wat tydens die mes-aanval opgedoen is.