Ierland moet Saterdag sonder vier staatmakers speel
Ierland gaan Saterdag se toets in Dublin teen Australië sonder vier staatmakers moet aanpak. Jamie Osborne en Jacob Stockdale is Saterdag in hulle 52-17-sege teen Fidji beseer. Ryan Baird het vroeër die maand ʼn hoofbesering opgedoen in hul oorwinning oor Argentinië terwyl Tadhg Furlong weens ʼn dyspier-probleem nog nie hierdie maand gespeel het nie. Die voorspeler-afrigter, Paul O’Connell, sê die kragmeting teen Australië gaan ʼn groot uitdaging wees: