Ierland gee Italië pak in Sesnasiesbeker

Rugby: Die verdedigende kampioene, Ierland, het hulle indrukwekkende Sesnasies-vertoning voortgesit en Italië in Dublin met 36-nul afgeransel om ‘n bonuspunt-oorwinning te behaal. Danksy drieë deur Jack Crowley, twee deur Dan Sheehan en Jack Conan asook die vleuels James Lowe en Calvin Nash is Ierland na twee rondes nou bo-aan die punteleer. Italië het verlede week naelskraap met 24-27 teen Engeland verloor. Ierland wat volgende Saterdag teen Wallis te staan kom, het nou sedert 2022 elf agtereenvolgende wedstryde in die toernooi ingepalm.