Ierland breek Springbokharte
Ierland se plaasvervanger losskakel Ciaran Frawley het die tweede van sy skepdoele net voor die eindfluitjie oorgeklits om die Springbokke met 25-24 in die tweede toets in Durban te laat verloor en die reeks teen die wêreldkampioene gelykop te maak. Die besoekers was in die eerste helfte die beter span en het teen rustyd met 10-0 voorgeloop. Die Springbokke het in die tweede helfte teruggeveg, maar ‘n bietjie Ierse geluk het die Bokke se segetog van ses wedstrydoorwinnings beëindig wat terugstrek tot die 2023 Wêreldbeker.