IDF verdedig Libanon aanval, sê burgerlikes 2 ure gegee om te vlug

Daar word skerp kritiek uitgespreek uit verskeie oorde na die aanvalle deur Israel op Libanon waar amper 500 mense dood is en meer as 1 200 beseer is. Die Israeliese weermag gebruik dieselfde verskoning as wat hy in Gaza gebruik – dat Hezbollah agter burgerlikes skuil. Die weermag se woordvoerder Jonathan Cornicus sê ook dat burgerlikes twee ure se waarskuwing ontvang het om te gee pad.