IDF val skole, hospitaal aan, sê (weer) Hamas skuil daar
Minstens 30 mense is die naweek dood in Israelse lugaanvalle wat die Al-Aqsa Hospitaal en twee skole in die Al-Nasr-buurt in Gaza getref het. Dit kom te midde van berigte dat Amerikaanse en Israelse leiers verskil oor ʼn moontlike skietstilstand-ooreenkoms. Palestynse amptenare sê Israel het nie burgerlikes voor die aanvalle gewaarsku nie. Die Israelse Weermag sê hy het terroriste in Hamas se bevel- en beheersentrums aangeval wat vanuit hospitale en skole bedryf word.