IDF tref 3 000 Hezbollah-teikens 

Die Israelse Weermag sê hy het meer as 3 200 Hezbollah-teikens getref sedert sy grondoperasies in die suide van Libanon op die eerste van die maand begin het. Die afgelope 24 uur is byna 300 getref. In die jongste aanval is minstens vier mense, waaronder ʼn kind, dood en 24 beseer in ʼn aanval buite die Rafik Hariri-universiteitshospitaal in die suide van Beiroet. Israelse magte sê hulle het Hezbollah se wapenopslagplekke, teentenk-instellings en bevel-en-beheersentrums getref.