IDF sê hulle het Hamas-wapensverskaffer gedood 

‘n Hommeltuig-aanval deur die Israelse Weermag het die dood veroorsaak van Ayman Ratma, een van Hamas se sleutel-wapenverskaffers in die Bekaa-vallei. Die weermag beweer Ratma het gehelp om wapenvoorraad uit Libanon te gelei vir Hamas en Jamaa Islamiya – ‘n tak van die Moslem-broederskap. Hulle sê hulle het Ratma geteiken weens se betrokkenheid in die bevordering en uitvoering van terroriste-bedrywighede teen Israel in die onmiddellike toekoms, asook sy betrokkenheid by die bevordering van terreur-optrede teen Israelse burgerlikes.