IDF onttrek uit Khan Younis
Die Israelse weermag sê hy het weens taktiese redes ál sy soldate aan Khan Younis in die suide van Gaza onttrek. Gister was dit ses maande sedert Hamas se 7 Oktober-aanval, waarin sowat eenduisend-200 mense omgekom het. Israel se vergeldingsaanvalle in Gaza het meer as 33-duisend dood gelaat en ‘n ernstige humanitêre krisis ontketen. Die Israelse weermag sê sy missie in Khan Younis is voltooi, maar die oorlog is nie verby nie, en hulle sal voortgaan om Hamas se slaankrag te breek waar hulle ookal is.