IDF onttrek uit Jenin, operasie voltooi

Israelse magte het aan die stad, Jenin, en sy vlugtelingkamp in die besette Wesoewer onttrek na ʼn groot operasie van nege dae. Die gebied is ʼn vesting vir militantes en is geteiken in een van Israel se grootste veldtogte in die Wesoewer vir jare. Volgens die Palestynse gesondheidsministerie is minstens 36 Palestyne dood. Die BBC berig minstens agt van die slagoffers is burgerlikes, insluitend ʼn 16-jarige meisie. Daar is ʼn oplewing in geweld aan die Wesoewer sedert Hamas se aanval en die daaropvolgende oorlog in Gaza.