IDF loods aanval in Beiroet, dood Hezbollah-hoof
Die Israelse Weermag sê hy het ʼn lugaanval uitgevoer teen ʼn senior Hezbollah-bevelvoerder verantwoordelik vir Saterdag se dodelike aanval in die Golan-hoogte. Die stad het ʼn wraakaanval verwag na die naweek se aanval waarin 12 kinders dood is terwyl hulle sokker gespeel het. Israel en Amerika blameer Hezbollah vir die aanval, maar die groep ontken dit. Israel se minister van Verdediging, Yoav Gallant, sê Hezbollah het met Saterdag se aanval te ver gegaan.