ID sal die dokument wees waarmee jy kan stem

Die nuwe Namibiese identiteitsdokument het onder die loep gekom tydens die inligtingsessie van die Namibiese kabinet vanoggend. Die sessie, vir die ministerie van binnelandse sake is deur die minister Albert Kawana hanteer. Hy het sy kommer uitgespreek oor die groot hoeveelhede van die nuwe ID-kaarte wat reeds uitgereik is en nie opgetel word nie. Hy sê meer as 77 800 kaarte is gereed en is nodig vir landsburgers om te stem.

Kawana sê die ID-kaart sal volgende jaar voldoen as registrasie as kieser en dat net die dokument geldig sal wees.