ID, rybewys of paspoort om Gr 11 en 12 eksamens te skryf

Die onderwysministerie herinner alle leerders wat vir die graad 11 en 12 eksamens geregistreer het dat hulle identifikasie moet toon by eksamenlokale. Die ministerie sê ‘n geldige paspoort of rybewys sowel as ‘n ID-dokument word aanvaar. Voltydse leerders wat nie van die dokumente beskik nie moet deur die skoolhoof bygestaan word. Geen deeltydse leerders sal sonder een van die dokumente toegang tot die lokaal kry nie.