ID-kaarte met mikroskyfies is op pad

Die Namibiese kabinet het die bekendstelling van ‘n kontaklose mikroskyfie in identiteitsdokumente goedgekeur. Die kabinet het die ministerie van binnelandse sake opdrag gegee om die instelling van die slim ID-kaart ernstig te oorweeg. Slim ID-kaarte het ‘n mikroskyfie, nes ‘n bankkaart, wat die nodige biometriese data uniek aan elke individu sal stoor. Die slimkaarte volgens Suid-Afrika wat dit in 2013 bekend gestel het, het die bedrieglike gebruik van vals of gesteelde ID’s verminder, aangesien die kaarte byna onmoontlik is om te vervals.