ID-dokument bedrog bereik hoogtepunt in Afrika

Die Smile ID Digital Identity Fraud in Africa-verslag sê nasionale identiteitsdokumente is die primêre teiken van bedrieërs, met 80-persent van aanvalle wat daarop fokus. Die uitvoerende hoof van Smile ID, Mark Straub, sê dokument- en biometriese bedrog het in die vierde kwartaal van 2023 ‘n rekord-hoogtepunt bereik. Die verslag maan terwyl konnektiwiteit voordele bied, stel dit ook mense bloot aan misdadige uitbuiting, wat ‘n risiko inhou vir Afrika se digitale toekoms en ekonomie.