ICU-gevalle almal oningeënt

Die jongste Covid syfers toon dat 1 055 pasiënte reeds herstel het. Met 1 263 nuwe gevalle wat bevestig is, en 108 herinfeksies, bring dit die totale aktiewe gevalle op 8 032 te staan. Volgens die gesondheidsministerie is 86 persent van die nuwe gevalle nie ingeënt nie. Daar is 101 leerders, 11 onderwysers, 13 studente en 34 gesondheidswerkers onder die groep. ‘n Verdere 11 pasiënte is in die hospitaal opgeneem wat die totaal op 200 te staan bring, met 23 wat ten volle ingeënt is. Daar is 14 pasiënte in hoësorg, almal oningeënt. Minister Kalumbi Shangula sê die nuwe gevalle toon dat gemeenskapsoordrag teenwoordig is en het lede van die publiek gemaan om sosiale maatreëls noukeurig na te kom.