Iata vra vervolgingsmaatreëls met oproerige pasassiers

Voorvalle van oproerige passasiers het toegeneem en nou dring die Internasionale Lugvervoer-vereniging aan op vervolgingsmaatreëls. Volgens Iata se verslag was daar verlede jaar een voorval op elke 568 vlugte, meer as die een op elke 835 vlugte in 2021. Nie-voldoening, slegsêery en dronkenskap kom gereeld voor. Nie-voldoening het met 37 persent toegeneem, insluitende rook, oortredings met sitplekgordels en oorgewig bagasie. Voorvalle van fisiese geweld was 61 persent meer. Iata versoek regerings om regulasies in te stel om oproerige passasiers te vervolg en bewusmakingsveldtogte in te stel oor die gevolge van sulke gedrag.