Ian McKellen val van verhoog af tydens opvoering

Sir Ian McKellen is in die hospitaal opgeneem nadat hy by die Noël Coward-teater in Londen tydens ʼn vertoning van Player Kings van die verhoog afgeval het. Sir Ian het rondbeweeg in ʼn gevegstoneel saam met twee ander karakters toe hy voor die verhoog afgeval het. ʼn Woordvoerder van die teater het later gesê die 85-jarige akteur is in ʼn goeie luim en sal na verwagting vinnig herstel. Sir Ian is ʼn befaamde Shakespeare-akteur wat ook op die skerm gesien is as Gandalf in die Lord of the Rings- en die Hobbit-trilogieë.