Hyphen-ooreenkoms: Obeth sê ons moet GRN vertrou

Die voorsitter van die Groenwaterstofraad Obeth Kandjoze het hom ten sterkste uitgespreek teenoor diegene wat eis dat die regering se ooreenkoms met Hyphen bekend gemaak moet word. Hy het gepraat by ‘n bespreking oor die sosio-ekonomiese voordele van groenwaterstof in die hoofstad.

Burgerlike samelewing organisasies sê die ooreenkoms moet bekend gemaak word omdat daar moontlik skuiwergate kan wees vir korrupte praktyke en verder, die regering werk met openbare fondse.