Hyphen Hydrogen Energy belê 40 miljoen

Die groen waterstof-ontwikkelingsmaatskappy Hyphen Hydrogen Energy belê meer as 40 miljoen Namibiese dollar in sy MetMast-meetveldtog, wat van meteorologiese maste gebruik maak om die energie-opbrengs van wind- en sonkragbronne presies te modelleer. Die belegging sluit in die ontplooiing van tien nuwe MetMasts en die heraanpassing van een mas wat dit van die Namibiese kragvoorsiener, NamPower, verkry het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nantangue Shafuda, die projekkoördineerder by Namibië Groen Waterstof Navorsings-instituut gesels.