Huurwet neem tyd… mense moet geduldig wees
Vele huurders het op sosiale media hul ontevredenheid met stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni uitgespreek oor vertragings in die inwerkingstelling van die Wetsontwerp op Huurbeheer. Die wetsontwerp poog om huur in Namibië te reguleer. Die afwesigheid van hierdie wet plaas huurders steeds in ‘n moeilike posisie met betrekking tot bekostigbare verblyf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Uutoni vir ‘n opdatering oor die wetsontwerp en wanneer dit gefinaliseer en voorgelê sal word.