Huurmark toon merkwaardige veerkragtigheid

Die veerkragtigheid van die huurmark is verbasend, sê FNB in sy Huurprys-indeks verslag vir die derde kwartaal van 2023, gegewe die hoë huurpryse en verhoogde rentekoersomgewing gedurende hierdie tydperk. Die indeks het vir twee opeenvolgende kwartale positief gebly en het ‘n 12-maande-gemiddeld van 4,7% in die derde kwartaal bereik, teenoor 5,8% in die tweede kwartaal en 0,1% op ‘n jaargrondslag. Die gemiddelde huurprys op ‘n 12-maande aaneenlopende basis staan op 7 177 Namibiese dollar. Die groei in die gemiddelde deposito wat gehef word, was ook merkwaardig veerkragtig en het in die derde kwartaal op 14,8% gestaan, vergeleke met 15,1% in die tweede kwartaal en 3,6% op ‘n jaargrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Ruusa Nandago, ‘n ekonoom van FNB Namibië, gepraat.

Nandago voeg by dat mense uitstel om eiendom te koop en verkies om langer te huur, gegewe die hoë rentekoers en bekostigbaarheidsbeperkings.