Humanitêre situasie in Rafah rampspoedig: Internasionale Geregshof

Die Internasionale Geregshof het die humanitêre situasie in Rafah as rampspoedig beskryf, met meer as 900 000 Palestyne wat ontwortel is. Israel moet binne ‘n maand terugvoer gee oor maatreëls wat die hof beveel het, insluitend die opening van die Rafah-grens vir humanitêre hulp. Die hof se president, regter Nawaf Salam, het die uitspraak gelewer en sê die hof is nie oortuig Israel se ontruimingspogings is voldoende om die geweldige risiko vir Palestyne in Gaza te verlig nie.