Hulpbron-voordele: ‘Dis ongelooflik dat Geingob dit nou eers agterkom’

Reaksie word ontvang op berigte dat President Hage Geingob sê hy neem die advies van Botswana se President Mokgweetsi Masisi in ag om ‘n groter inkomste-aandeel uit diamante wat aan De Beers verkoop is, te verkry. Masisi het onlangs gedreig dat hy die ooreenkoms sou opskort en ontvang nou 25 persent, maar sê hy sal nog verder gaan. Geingob sê nasionale hulpbronne moet in nasionale belang gebruik word maar voeg by dit is nie nasionalisering nie – net ‘n maksimum voordeel. Nico Smit, die skaduminister van finansies van die PDM sê dit is ongelooflik dat President Geingob dit nou eers agterkom…