Hulp na Gaza in volgende 4 dae is by verre nie genoeg nie

‘n Vier-dag-staking van die gevegte tussen Israel en Hamas het begin en blyk om te hou, maar die Israelse weermag het beklemtoon dis tydelik en die oorlog is nie verby nie. As deel van die ooreenkoms, moet 200 vragmotors met hulpvoorraad daagliks oor die periode van vier dae, Gaza binnegaan. Dr. Richard Brennan van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit sal nie werklik verligting bring nie.