Huldeblyke stroom in vir onderwys-ikoon William Smith

Huldeblyke stroom in vir die Suid-Afrikaanse leerkrag William Smith, wat bekend was vir sy wiskunde- en wetenskaplesse op televisie. Die 85-jarige, wat onlangs met kanker gediagnoseer is, is in Perth, Australië, oorlede. Die ANC sê Smith se toewyding om ingewikkelde vakke vir talle studente toeganklik en boeiend te maak, het ’n onuitwisbare merk op die onderwys gelaat. Die DA sê Smith het wiskunde- en wetensonderrig vir talle studente omskep en die IVP sê sy nalatenskap sal voortleef in die ontelbare lewens wat hy verander het.