Huldeblyke stroom in vir koningin Elizabeth

Huldeblyke stroom in vir koningin Elizabeth II wat Donderdag by haar Balmoral-kasteel in Skotland gesterf het op die ouderdom van 96. Sy was vroeër die dag onder mediese toesig geplaas. Sy was op haar sterfbed omring deur haar naaste familielede en het vreedsaam gesterf. Buckingham-paleis het aangekondig dat haar liggaam vandag na Londen vervoer sal word en sy sal oor tien dae begrawe word. Koningin Elizabeth was die monarg wat die langste regeer het nadat sy die troon in 1952 op 25-jarige ouderdom bestyg het na haar pa George se onverwagse afsterwe. Haar seun Charles is nou outomaties koning en sal bekendstaan as koning Charles III. Daar word verwag dat die koning vandag in Londen, die Verenigde Koninkryk, en die wêreld sal toespreek. Die Britse eerste minister, Liz Truss sê intussen die heengaan van die koningin is ʼn groot skok vir die volk en die wêreld. Sy het die koningin beskryf as ‘n rots waarop die moderne Brittanje gebou is en bygevoeg dat Brittanje die grootse land is wat dit vandag is as gevolg van haar:

En oud-Amerikaanse president, Barack Obama, het destyds, met Elizabeth se 90ste verjaardag haar so beskryf na sy besoek aan Windsor-kasteel.