Huldeblyke stroom in vir Katrina

Huldeblyke stroom in vir oud onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa wat Sondagoggend oorlede is na ‘n lang stryd met kanker. President Nangolo Mbumba sê die onderwys-stelsel en leerders in die land het groot voordeel uit haar toewyding en passie getrek. Oud Swapo sekretaris-generaal en regeringsminister Pendukeni Iivula-Ithana het ook hulde gebring aan Hanse-Himarwa.

Hanse-Himarwa is die eerste regeringsminister wat skuldig bevind is aan korrupsie. Sy is in 2019 met 50 000 Namibiese dollar beboet na sy haar familie se name op ‘n behuisingslys in Mariental geplaas het en twee ander aansoekers se name verwyder het.